Rietvlei Akademie Lyttelton volg die riglyne in die KABV-beleid soos uiteengesit deur die Departement van Onderwys.
Studievermoë is belangrik sodat ons leerders hul potensiaal kan bereik. Om die rede word daar jaarliks ‘n studiemetode kursus by die skool aangebied.
Ons ondersteun ook leerders deur by die Departement van Onderwys aansoek te doen vir akkommodasies met vraestelle, indien nodig.
Jaarlikse siftingsprogramme word deur die skool onderneem bv. Gehoorsifting, oogsifting, arbeidsterapiesifting ens.
By Rietvlei Akademie leef ons graag ons Christenskap uit. Dit is die grondslag van ons skool.
Ons vier Christelike feeste deur die loop van die jaar. bv. Paasfees en Hemelvaart. Ons is ook bevoorreg om elke 2de week saam as skool in die kerkgebou van NG-gemeente Lyttelton te open en ‘n geestelike boodskap met die leerders te deel.
Therina van Niekerk
HOOF
Graad 1
Fotos deur Miracles Photography
Theani Kleynhans
Graad 2 – 3
Charlotte Potgieter
Graad 6
Hestie Grobler
Graad 4
André le Roux
Graad 7
Suné de Villiers
Graad 5
Menestya Cossadianos
Admin
Graad 2-3:
1. Afrikaans Huistaal
2. Engels EAT
3. Gesyferdheid
4. Lewensvaardighede:
- Omgewingsleer
- Liggaamsopvoeding
- Musiek
- Kuns
Graad 4-6:
1. Afrikaans Huistaal
2. Engels EAT
3. Wiskunde
4. Natuurwetenskappe en
Tegnologie
5. Sosiale wetenskappe
- Geskiedenis
- Geografie
6. Lewensoriëntering
- Dans
- Drama
- Musiek
- Visuele kunste
Graad 7:
1. Afrikaans Huistaal
2. Engels EAT
3. Wiskunde
4. Natuurwetenskappe
5. Sosiale wetenskappe
- Geskiedenis
- Geografie
6. Lewensoriëntering
7. Kuns en Kultuur
- Dans
- Drama
- Musiek
- Visuele kunste
8. Ekonomiese -
Bestuurswetenskappe
9. Tegnologie