SPORT
KULTUUR
Parkore: Aktiwiteit
Elke Maandagmiddag word liggaamlike oefeninge aangebied vir die leerders, teen ‘n ekstra koste. Alle leerders is welkom om hierdie aktiwiteit by te woon.
Boeresport- en kaskardag:
Een maal per jaar hou ons ‘n lekker boeresportdag.
Dit is groot pret en ter gelyke tyd bevorder dit fiksheid, koordinasie en spanwerk.
Atletiek:
By Rietvlei Akademie Lyttelton word gepoog om leerders bloot te stel aan atletiek. Ons beplan jaarliks ‘n huissport, waar atlete daarna by die ICO-atletiekdag teen ander leerders kan meeding.
Kultuur:
Leerders word aangemoedig om deel te neem aan aktiwiteite sodat hulle hulself op ‘n kreatiewe wyse kan uitdruk.
Kultuurweek:
Alle leerders word aangemoedig om aan ons kultuurweek deel te neem. Dit vind een maal per jaar plaas. Leerders kan vir die volgende afdelings inskryf:
-
Dans
-
Drama
-
Voorbereide lees
-
Afrikaans - Kreatiewe skryf
-
Visuele kuns
-
Instrumentaal
Sosiale Gebeure
-
Pizzadag
-
Wiskundedag
-
Aardedag
-
Leesweek en boekuitstallings
-
Afrikadag
-
Wêreld Byedag
-
Graad 7-kamp
-
Jaarlikse uitstappies en instappies