top of page

Rietvlei Akademie het tot stand gekom op 3 Mei 2005. Die skool het ‘n nederige begin gehad met twee leerders en een personeellid.
 

Ons lei, ondersteun en onderrig leerders in klein groepe om eendag te word waarvoor hulle bestem is. Dit is vir ons belangrik dat leerders gelukkig en geliefd moet voel in die omgewing waar hulle elke dag leer. Hier bied ons gehalte onderrig.
 

Die leuse van ons skool is: “Sprei jou vlerke” en ons streef daarna om ons leerders te leer om in hulself te glo, hul vlerke te sprei en hoog te vlieg.
 

Rietvlei Akademie Rietvalleirand  is geregistreer by die Departement van Onderwys as ‘n privaat Afrikaanse Laerskool.

Rietvlei Akademie Lyttelton .png

Rietvlei Akademie Rietvalleirand is ‘n skool wat strewe daarna om leerders met uitdagings op multi-dissiplinêre vlak te ondersteun en te bemagtig, om as toegeruste volwassenes hulle vlerke te sprei en hul potensiaal te kan uitleef.

Rietvlei Akademie Lyttelton Akademie(10).png

1. Om gegrond te wees op Christenskap en ons Christelike-karakter uit te leef.

2. Die skep van ‘n veilige omgewing met voldoende hulpbronne om kwaliteit onderrig te verseker.

3. Plaas die fokus op kleinklas-onderrig, om leerders effektief te ondersteun en te begelei in hul akademiese- en sosiale groei.

4. Volg ‘n holistiese benadering tot probleemoplossing; hetsy akademies, sosiaal, emosioneel of fisies.

5. Aanmoediging van ouer/s en ander belanghebbendes se betrokkenheid, om te verseker dat leerders die nodige ondersteuning ontvang, wat hulle in staat sal stel om te ontwikkel en verantwoordelikheid vir hul opvoeding te neem.

Rietvlei Akademie Lyttelton Akademie(10).png
Rietvlei Akademie Lyttelton Akademie(11).png

“EK KAN MY VLERKE SPREI!”

“Ek het gekom dat julle lewe kan hê en LEWE in oorvloed!”

‘n Hardloop- en ‘n huppelkind

Jy kan my nie aan kettings bind

Sorgvuldig is ek aanmekaar geweef

Ek is soos ‘n fontein wat bruis

En borrel net van lewenslus

En God het my so lief net soos ek is

 

Ek kan my vlerke sprei en drome droom

Hier by Rietvlei Akademie kan ek sweef

En my potensiaal en doel nastreef

By Rietvlei Akademie voluit leef!

By Rietvlei word ek opgelei

Om dit wat Hy belê in my

Te vorm soos ‘n kosbaar stukkie klei

Hier’s mense wat kan glo in my

En tred hou met my lewenslus

My liefhet en aanvaar net soos ek is

 

Ek kan my vlerke sprei en drome droom

Hier by Rietvlei Akademie kan ek sweef

En my potensiaal en doel nastreef

By Rietvlei Akademie voluit leef!      

Ek kan my vlerke sprei en drome droom

Hier by Rietvlei Akademie kan ek sweef

En my potensiaal en doel nastreef

By Rietvlei Akademie voluit leef!                 

By Rietvlei Akademie voluit leef!

By Rietvlei Akademie voluit leef!  (x 2)

bottom of page